×
Skakel na Engels

Die 10 bekostigbaarste motors in SA

Is jy op die uitkyk na ’n nuwe sakpas motor?
bekostigbaarste motors

Om ’n bekostigbare motorvoertuig in Suid-Afrika te vind, is nie die maklikste taak nie, veral nie as jy die stygings in motorpryse in ag neem of die geldelike stryd wat soveel Suid-Afrikaners voer om kop bo water te hou nie. BusinessTech het onlangs berig oor die 10 bekostigbaarste motors in Suid-Afrika. Volgens hulle is dit feitlik onmoontlik om deesdae ’n nuwe motor vir minder as R100 000 in ons land aan te skaf.

“Die maandelikse vervoeruitgawes – wat alles van paaiemente tot brandstofpryse, versekeringskoste en onderhoudsfooie insluit – het met 24,2% sedert Julie 2013 toegeneem,” berig WesBank.

* Hier volg BusinessTech se lys van die bekostigbaarste nuwe motorvoertuie wat tans in Suid-Afrika te koop is. Die goedkoopste weergawe van spesifieke modelle is gekies om herhaling te beperk. Al die pryse is van Duoporta verkry.

1. Chery QQ3 0.8 TE (lugversorging): Vanaf R99 995

2. Datsun Go 1.2 Mid: Vanaf R106 900

3. Tata Indica 1.4 LGi: Vanaf R118 995

4. Renault Kwid 1.0 Expression: Vanaf R124 900

5. Suzuki Celerio 1.0 GA: Vanaf R133 900

6. Tata Vista 1.4 Ini Bounce: Vanaf R134 900

7. Kia Picanto 1.0 Start: Vanaf R134 995

8. Chevrolet Spark 1.2 Campus: Vanaf R141 200

9. Mitsubishi Mirage 1.2 GL: Vanaf 149 900

10. BAIC D20 hatch 1.3 Comfort: Vanaf R149 990

Van: WOW

FOTO: iStock/RonFullHD

LEES OOK:

6 wenke om jou motor vir die lente op te kikker

5 redes om ’n nuwe motor te koop

3 noodnommers wat alle Suid-Afrikaners moet ken

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Noodnommers wat jy nodig het wanneer jy op die N2 ry

Bêre hierdie nommers onder snelbel!

Close