×
Skakel na Engels

Dermarolling kan die antwoord op haarverlies wees

Laat rol met hierdie haarverliesbehandeling!
dermarolling

Dermarolling geniet die afgelope tyd groot gewildheid onder dermatoloë sowel as tuisgebruikers in die behandeling van verskeie veltoestande. Die tegniek help om die voorkoms van enige iets van donker vlekke en verkleuring tot plooie en rekmerke te verminder. Dit werk deur mikrobeserings aan die vel te veroorsaak wat die produksie van kollageen en stamselgroei bevorder. Die gevolg is ’n vel met’n jeugdiger, plomp en gladde voorkoms.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die gebruik van dermarolling as behandeling teen haarverlies is ’n meer onlangse ontdekking, maar een wat tot dusver belowende resultate lewer. Dermatoloë en professionele mediese persone wat dit op pasiënte toegepas het, beweer dat hulle ’n merkbare verbetering in toestande soos manlike en vroulike androgenetiese haarverlies sien.

Indien dit iets is wat jy by die huis wil probeer, is dit belangrik om die regte apparaat te gebruik, soos ’n dermaroller met naalde wat minstens 0,5 tot 1 mm lank is, en om die dermaroller steriel te hou deur dit voor en ná gebruik skoon te maak. Jy moet jou kopvel ook so skoon moontlik hou deur dit meer gereeld met ’n sagte sjampoe te was.

Lees: Voorkom só haarverlies

Ons moet ook noem dat jy nie oornag ’n verbetering sal sien nie, en dat jy tot agt maande sal moet wag om te sien of daar enige groei plaasgevind het. Maar volgens wat die kenners sê, klink dit of die resultate die wag werd is. 

 

Microneedling with Dermaroller: proven effective against hair loss Recent studies have shown that the use of a Dermaroller is an effective treatment against hair loss. Using a Dermaroller or a Dermapen is a popular method for treating the skin. These devices are easily applied and used for various conditions, like acne scars, stretch marks, wrinkles, hair loss and for better absorption of substances into the skin. Independent experts assessed in 40% of the users of the Dermaroller that the hair situation was improved drastically. 82% of the users of the Dermaroller indicated an improvement of the hair situation of at least 50% or more. 0.5mm and 1mm Derma Rollers are best used for hair loss and balding. www.dermarolleronlinestore.com Phone Anita 0814092517 Email orders@dermarollersystems.co.za #hairloss #dermarolling #skinneedling #dermarollersystems #dermaroller #dermapen #southafrica #balding #gym #health #healthyskin #healthy

A post shared by Derma Roller Systems SA (@derma_roller_systems_sa) on

Wil jy dit self op die proef stel? Hou net in gedagte dat leefstyl, stres, hormone en eetgewoontes jou vel en hare se gesondheid beïnvloed. Tensy jy dus ’n gesonde leefstyl het en goeie gesondheid geniet, sal geen behandeling werk nie. Maar as jy perdfris met net effense yl hare is, gaan dit jou kopvel moontlik die nodige hupstoot gee om jou hare lank en welig te laat groei.

FOTO: iStock/ipopba

LEES OOK:

Hoe om die verandering in jou hare ná 40 te hanteer

Nageboortelike haarverlies: Wat vroue moet weet

Wat is dermarolling en hoe kan jou vel daarby baat vind?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nageboortelike haarverlies: Wat vroue moet weet

Jy word dalk ’n bondeltjie vreugde ryker, maar verbeel jy jou of raak jou kop al hoe yler?

Close