×
Skakel na Engels

Daar is ’n rede waarom jy ekstra moeg is gedurende jou maandstonde

Nee, dis nie net jou vebeelding nie …
maandstonde

Wanneer met jy bloeding, opgeblasenheid, krampe, aknee en al die ander vreugdes van jou maandstonde te kampe het, wil jy op jou stukke voel sodat jy dit sodat jy dit so pynloos moontlik kan oorkry.

Maar ongelukkig ervaar baie vroue saam met hul menstruasie ook ’n intense moegheid, en dit maak sake nie makliker nie.

Dit blyk egter dat daar ’n mediese verklaring vir hierdie moegheid tydens menstruasie is.

Dr. Molly O’Shea, ’n pediater van Detroit in die VSA, het vir ons ’n wetenskaplike uiteensetting van hierdie verskynsel gegee.

“In die tien dae voor jou maandstonde verkeer jou lyf in hoogste versnelling in die hoop dat die eier wat jy in die fallopiese buis vrygestel het, ’n spermsel ontmoet het en in ’n weelderige uterus te lande kom waar ’n baba kan groei.

“Wanneer jou baarmoedervoering nie deur ’n bevrugte eier binnegedring word nie, is die hormone wat die omgewing in stand hou, skielik oorbodig en sal hormoonvlakke val. Waar jou liggaam tot nou toe in ’n staat van opperste paraatheid was, gaan daar op hormonale gebied skielik niks aan nie. Hierdie swaai veroorsaak ander verandering en al hierdie veranderinge is ongelooflik dreinerend. Dit is eers wanneer jou hormoonvlakke normaal is dat hierdie intense moegheid opklaar.”

Jou hormoonvlakke begin so ’n week ná die aanvang van jou maandstonde weer styg, en bereik ’n hoogtepunt wanneer jy ovuleer (gewoonlik twee weke nadat jy begin menstrueer het). Namate jou hormone toeneem, begin jy meer energiek voel.

Op dae wanneer jy meer zombie as mens voel, kan jy jou kragte herlaai deur gehidreer te bly, te oefen, gereeld en gesond te eet en ’n minimum van agt uur slaap in te kry. En as dit nie genoeg is nie, kan jy jouself daaraan troos dat jy oor ’n paar dae weer jou energieke self sal wees.

Uit: Good Housekeeping UK

Foto: iStock/rollover

LEES OOK: 

Premenstruele disforiese versteuring: Waarom jy voor jou maandstonde neerslagtig kan voel

Antwoorde op jou lastigste vrae oor maandstondes

 8 redes waarom jou maandstonde ongereeld is

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dít is wat jou hoofpyne vir jou probeer sê

Kennis is mag!

Close