×

Wen ’n voldag vir twee by Mangwanani African Spa

Beleef die luuksheid van Afrika met Manguwanani se African Revitalisation Day Spa. Bederf jou geliefde en jouself met ses behandelings.

 

Julle sal arriveer met die klank van Afrika-sang en -dromme en vriendelike gesigte. ’n Ware Afrika-belewenes.  Ontbyt en middagete is ingesluit.

 

Hulle goed opgeleide terapeute sal jou bederf met hierdie weelderige behandelings:

  • Ubuso: ’n Spabehandeling met ’n drukpuntmassering wat nuwe lewe in jou gesig sal blaas (dis nie ’n skoonheidsgesigsbehandeling nie).
  • Tlhapiso: ’n Reinigende spa-lyfbehandeling. Kies tussen ’n lyfskrop met sout, ’n lyfafskilfering met Afrika-mieliemeel of laat jou lyf afborsel.
  • Izimanga: ’n Lyfmassering. ’n Tradisionele lyfmassering met warmgemaakte klippe van vulkaniese rots.
  • Molala: ’n Kopmassering uit Noord-Afrika. Dis ’n kop-nek-en-rugmassering uit die Afrika-oertyd.
  • Neo Maoto: ’n Tradisionele, koninklike Afrika-voetmassering (van tone tot knieë).
  • Neo Matsago: ’n Tradisionele, koninklike Afrika-handmassering (van vingers tot elmboë).
  • ’n Mineraalspa-jacuzzi of rotspoel.

 

 

Vir meer inligting, besoek www.mangwanani.co.za.

 

 

Mangwanani –healing Africa, through African healing.

 

* Besprekings met geskenkbewyse kan nie op Maandae, Vrydae, Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae gemaak word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid • Mangwanani-geskenkbewyse kan nie vir kontant verruil word nie. Mense wat kanselleer of nie besprekings nakom nie, sal die volle waarde van die bespreking verbeur Geen kommissie sal vir agente betaal word nie Geskenkbewyse is vir 6 maande geldig