×

Wen ’n oogkonsultasie en brillense van ZEISS

Weerkaatsings op die buitenste oppervlak van brillense is ’n lastigheid wat draers baie kan pla. Die goeie nuus is dat ZEISS ’n oplossing het met sy nuwe anti-weerkaatsende laag van DuraVision Platinum.

Hoewel ZEISS se lenslagies 250 keer dunner is as ’n gewone stuk papier, is hulle baie sterk. Dit beskerm lense teen daaglikse stampe en stote, en sal só jou duur kopie teen slytasie vrywaar. Hulle is ook anti-staties, stofwerend en is maklik om skoon te maak.

Hierdie duursame lensbedekking laat 20% meer lig deur die lens, wat beteken die draer se visie is helderder. Dit verminder ook irriterende weerkaatsings op die lensoppervlak aansienlik.

ZEISS se anti-weerkaatsende lenslagies van DuraVision is beskikbaar by jou oogkundige of bel ZEISS by 08611 ZEISS om uit te vind waar die naaste verskaffer is. Vir meer inligting, besoek www.zeiss.co.za/vision of “like” ZEISS op Facebook by www.facebook.com/zeissbettervision.za.

*Vanaf R3 000, afhangende van individuele behoeftes. Rame is nie ingesluit nie.