×

Wen ’n Afrika-bederf

Ervaar Afrika-weelde op sy beste by ’n Mangwanani African-spa. Een keer ’n maand vir 12 maande kan jy en ’n metgesel bederf word met ’n African Revitalization Day Spa-pakket by jou keuse van een van hierdie takke: River Valley in Gauteng, Sibaya in KwaZulu- Natal of Zevenwacht in die Wes-Kaap.

Dié onvergeetlike ondervinding begin met ’n hartlike Afrika-stylverwelkoming met sang en tromspel. Geniet daarna ontbyt, middagete en drankies, asook vertroeteling deur die bekwame terapeute. Jy word van die begin tot die einde bederf met ses dekadente spesialiteitsbehandelings en heerlike ontspanning in ’n jacuzzi.

Jy en jou metgesel sal ook elke maand ’n Mangwanani-geskenkpak ontvang!

 

Vir meer inligting besoek www.mangwanani.co.za.

 

PRYSINLIGTING

✪ ’n African Revitalization Day Spaondervinding vir twee mense ter waarde van R1 450 elk, elke maand vir 12 maande.

✪ ’n Mangwanani-geskenkpak vir die wenner en ’n metgesel ter waarde van R550 elk, elke maand vir 12 maande.