×

Soet drome

Sealy Posturepedic is die nommereenkeuse wanneer dit by matrasse kom, met meer as 35 miljoen mense wêreldwyd wat danksy dié handelsnaam die voordele van ’n beter nagrus geniet.

Sedert dit oorspronklik in oorleg met toonaangewende Amerikaanse ortopediese chirurge ontwerp is, bied Sealy Posturepedic al langer as 50 jaar uitmuntende gehalte en ondersteuning. Elke bed voldoen aan die presiesste standaarde vir die perfekte nagrus, wat beteken dat jy met ’n huppel in jou stap sal opstaan!

Wat presies beteken “Posturepedic”? “Posture” (of postuur) verwys na die posisie van die menslike liggaam in geheel. “Pedic” is kort vir “orthopaedic” (of ortopedies), wat as die medies korrekte posisie van die liggaam se skeletstrukture beskryf kan word.

Sealy Posturepedic bied jou dus ortopedies korrekte ondersteuning met hul unieke slaapstelsel, wat gerief verseker waar jy dit wil hê en ondersteuning bied waar dit die nodigste is. Dié innoverende slaapstelsel is deur middel van wetenskaplike toetse in Sealy se navorsing-en-ontwikkelingsentrum ontwerp. Die gepatenteerde ontwerp van Sealy Posturepedic kombineer unieke gemaklae om die allerbeste gerief en korrekte ondersteuning te bied.

Die kombinasie van uitstekende gemakmateriale bied jou ’n keuse van gemak wat ontwerp is om aan jou individuele behoeftes te voldoen. Saam met die regte ondersteuning verseker ’n snoesige oppervlak totale spierontspanning sodat jy diep en rustig kan slaap en slaggereed vir die uitdagings van die nuwe dag kan opstaan.