×
Skakel na Engels

Clinique vat velsorg na die volgende vlak

Wil jy weet watter reiniger, vogroom of onderlaag perfek is vir jóú spesifieke veltipe? Danksy Clinique en Apple is daar nou ’n toep (app) daarvoor

 

Die toep is vining en verbasend maklik om te gebruik. Nou kan jy self jou veltipe laat analiseer deur eenvoudig ’n paar knoppies te druk. Jy het steeds die opsie om die analise met een van die Clinique-konsultante te bespreek, so die tegnologie vervang darem nie die persoonlike interaksie geheel en al nie. Inteendeel, dié toep gee jou as verbruiker selfs meer ruimte om jou inkopie-ervaring by jou behoeftes aan te pas.

 

Dié self-help sisteem sal by verskeie Clinique-toonbanke regoor die land beskikbaar wees. (Kontak Clinique via hul Facebook-blad om uit te vind waar die naaste een aan jou is.)

 

Só werk dit:

  1. Besoek die Clinique-toonbank in een van jou gunsteling-afdelingswinkels en vind die Clinique iPad.
  2. Volg die aanwysings op die skerm en beantwoord dan ’n paar vrae oor jou veltipe, jou velsorgroetine en jou leefwyse.
  3. Die toep sal dan produkte aanbeveel wat geskik is vir jou spesifieke veltipe, asook watter kombinasies jy saam kan gebruik. Daar is meer as 180,000 moontlike produk-kombinasies om jou unieke behoeftes te bevredig.
  4. Jy kan die ontleding asook die lys van produkte onmiddellik uitdruk of as ’n e-pos vir jouself stuur.  Gerieflik, nè!

(How it works van http://main.stylelist.com/2011/02/25/clinique-ipad-app/

  

Vir meer inligting, besoek gerus clinique.co.za  of ‘Like’ hul Facebook-blad.

As jy al Clinique se nuwe tegnologie gebruik het, laat weet ons gerus wat jy daarvan dink! 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Basta met Botox!

Vyf natuurlike maniere om fyn plooitjies glad te stryk

Close