×
Skakel na Engels

Bring die romanse terug

Word mekaar se lewensverhaal-afrigter

As jy meen jou liefdeslewe is in ’n groef, het dr. keith Ablow net die raad om dit weer op die regte spoor te bring – saam met die man vir wie jy steeds lief is.

 

Vra jou maat om vir ’n week lank 30 minute per dag (15 minute vir jou en 15 minute vir hom) opsy te sit om te gesels oor die rolle wat julle dink jul altyd in die verhouding gespeel het, en hoekom.

 

Wanneer jy terugkyk op sy lewensverhaal, van sy kinderdae af, wat is die bron van die positiewe eienskappe wat jy in hom geïdentifiseer het? Wat is die oorsaak van die gedrag of eienskap wat konflik tussen julle gebring het?

 

Die enigste vereiste is dat julle albei moet instem om minstens drie vrae te vra om agter die waarheid te kom. As jou man se begeerte om alles altyd te beheer jou byvoorbeeld mateloos irriteer, kan jy hom vra of dit teruggevoer kan word na die chaos wat hy ervaar het toe sy ouers geskei is. Maak van die geleentheid gebruik om soveel moontlik van jouself bloot te lê. Probeer om eerlik te antwoord as jou man jou vra hoekom jy vroeër in jul verhouding soveel makliker gewys het hoe jy voel.

 

Dink ook saam aan maniere om die beperkende rolle te oorkom wat julle in jul huwelik vertolk het. Was jou man die afgelope 15 jaar die een wat risiko’s geneem het terwyl jy die meer stabiele een was? Identifiseer nou ’n paar waagstukke wat jy met sy ondersteuning sou wou aanpak.

 

Dalk ontdek jy jou man is nie so mal oor die konserwatiewe en veilige beroep waaraan hy so vasklou nie. Miskien verstaan jy dan die onderliggende onsekerheid wat hom by sy lessenaar hou. Of dalk help jy hom om oor ’n loopbaanverandering te dink. En miskien kan jy nou jou eie angs en vrese deel wat jou van die een projek na die volgende laat swerf, nes jy as kind van die een stad na die volgende moes verhuis.

 

Elkeen sal groei as jul mekaar help om bo die rolle wat julle in jul verhouding en jul lewens vertolk het, uit te styg. En jul sal boonop sáám ook groei.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
14 dinge waaroor jy mal sal wees

Ons het gaan rondsnuffel vir ’n paar dingetjies waarmee jy die liefdesmaand kan vier

Close