×
Skakel na Engels

Briljante tuiskure vir vlekke

’n Kenner gee raad!
tuiskure vir vlekke

V: “Hoe kan ek keer dat die son my bank se lap brand?”

Dit gaan alles oor materiaalkeuses: Sy en suiwer katoen sal in die son verbleik, terwyl gemengde stowwe met ’n bietjie poliëster daarin geharder is. Gelukkig kry jy deesdae fantastiese materiale met ’n katoen-, linneof fluweelafwerking wat eintlik ’n poliëstermengsel is.

Donkerder lap is geneig om op lang termyn meer te verdof. Ander opsies is om ’n deursigtige UV-bestande film op jou vensters te plak en om groot buitepotplante só te skuif dat dit jou meubels teen skadelike sonstrale beskerm.

V: “Is daar ’n ‘regte’ manier om vlekke op matte te verwyder?”

Beslis! Baie matte is ’n mengsel van wol en mensgemaakte vesel en as jy dit hardhandig behandel (soos deur ’n skropborsel te gebruik of dit met ’n lap te vryf), sal jy dit waarskynlik beskadig en nerfaf, klossierige dele veroorsaak. Die beste ding om te doen, is om skuim te vorm en dan die skuim met ’n spons op die vlek te klad. Laat dit intrek, maar nie droog word nie.

Klad nou die vlek met ’n wit doek en gebruik elke keer ’n skoon stuk sodat jy kan sien hoe die vuiligheid op die doek afkom. Laat dit droog word en stofsuig dan die mat om enige oorblywende vuiligheid te verwyder. Tof weer die mat se pluis op. PROBEER: Plush Supreme Carpet Foam Stain Remover, R49,99

Slim oplossing

Het jy genoeg bolognese gemaak om ’n paar porsies te vries? Keer dat jou kosbare Tupperware kosvlekke kry deur die binnekant met ’n bietjie kossproei te spuit. Dit keer tamatie- en kerrievlekke.

Stuit swart muf NOU!

Voorkoming van en beskerming teen dié huishoudelike en gesondheidsplaag!

1. Muf is mal oor toe ruimtes met swak ventilasie. Maak altyd ’n venster oop nadat jy gestort het om vars lug in te laat. Geen venster nie? Oorweeg ’n suigwaaier of ’n badkamerverwarmer.

2. Week ’n lap in witasyn en vee die muf af. Herhaal en laat droog word. Jy sal dalk die skoongemaakte deel moet oorverf.

FOTO: iStock/DragonImages

LEES OOK:

Dít is hoe jy wasige glase skoonmaak en vlekke keer

Vyf maklike maniere om geel vlekke van jou naels te verwyder

Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 tuinwenke waaroor jy dol sal wees!

Kweek ’n paar nuwe idees

Close