×
Skakel na Engels

Boeke op my tafel: 3 heerlike nuwe kookboeke

Dié wonderlike nuwe kookboeke het pas op die tafel van ons boekeredakteur, Masechaba Mkefa, geland. Daar’s een vir vegetariërs, een vir aanhangers van Midde-Oosterse en Mediterreense geure en een vol maklike idees vir kook saam met kinders

Retreat: The Joy of Conscious Eating

 

Deur Daniel Jardim

Jacana Media, R280

 

Die Suid-Afrikaanse vegetariese sjef Daniel Jardom het pas sy eerste solo-kookboek bekendgestel. Gaan saam met Jardim op ’n kosreis en ervaar die kuns om die kookkuns met ’n sin van oplettendheid na jou omgewing te kombineer. Dis gevul met resepte vir die lente, somer, winter en herfs en jy kan al jou sintuie inspan terwyl jy dié heerlike maaltye berei.

 

3 gunstelinge:

Haloumi-en-pistasieslaai met ’n vyebalsemieksous

Soja-trinchado-kerriebrood

Sampioen-en-nori-eiernessies

 

 

Ella’s Kitchen: The Cook Book

Deur Ella’s Kitchen

Jonathan Ball Publishers, R195 by Woolworths

 

Honderd maklike, smaaklike en prettige resepte vir jou en die kinders om te probeer – van kos vir klein kinders tot kosblikhappies en naweekkos. Dié boek is ’n genotlike ervaring om jou kinders in die kombuis betrokke te kry en gesonde kos pret te maak.

 

3 gunstelinge:

Kalkoenburgerhappies

Herderspastei

Rooi soetrissies met ’n kalkoen-en-rysvulsel

 

 

Sababa: Middle Eastern and Mediterranean Food

Deur Tal Smith and Nirit Saban

Jacana Media, R280

 

Sababa is ’n Kaapstadse deli met ’n Midde-Oosterse en Mediterreense kinkel. Ons ken die voordele van ’n Med-dieet – en dié eenvoudige, voedsame geregte sal jou help om jou gesinsetes ’n bietjie Mediterreense skop te gee.

 

3 gunstelinge:

Tahina-en-tamatiesalsa-slaai

Lam-en-skenkelbredie

Papawersaadkoek

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Leesstof vir die langnaweek

Vind die naaste rusbank en verloor jouself in een van dié drie boeke deur puik skrywers:

Close