×
Skakel na Engels

Bly só gemotiveerd vir oefening in die vakansie

Om gedurende die vakansie by jou oefenroetine te hou is g’n maklike taak nie
gym

Jy beplan dalk om te reis, wat dit moeilik maak om jou gewone roete te gaan draf of om gim toe te gaan. Selfs as jy by die huis bly, is daar hopeloos te veel om te doen. Tussen partytjies, Kersinkopies en familiekuiers is daar skaars tyd vir oefening. En dis so aanloklik en maklik om net níks te doen nie.

 

Maar dis belangrik om gedurende die vakansie aan te hou oefen en jou fiksheid te behou. Oefening kan jou ook help om kalm te bly en die stres te hanteer wat die feestyd en ons families soms veroorsaak.

 

Bly gemotiveerd deur jou doelwitte te onthou en jouself te herinner aan die vordering wat jy reeds gemaak het. Dink ook aan die belonings van oefening: Jy sal die nuwe jaar op ’n gesonde, fikse noot afskop.

 

Vermy daardie vakansiegroef deur jou verskonings te identifiseer en oplossings daarvoor te vind.

 

“Ek is myle van die huis af op vakansie. Daar is dus nie ’n manier ek kan by ’n gim uitkom nie.”

  • Gaan draf in die gebied waarin jy vakansie hou. Toe, roer jou!
  • Doen liggaamsweerstandoefening waarvoor jy nie toerusting nodig het nie, of vind iets anders om te doen. Die 200 Situps-app klink dalk uitdagend, maar probeer dit net en kyk hoe ver jy kom.
  • Laai ’n joga-app af, soos 10 Daily Yoga Poses. Al wat jy dan kort, is ’n handdoek.

 

“Ek is by die huis, maar daar is soveel ander prettige dinge om te doen.”

  • As jy nie vir ’n volle uur kan oefen nie, mik vir ’n halfuur. Dit kan ’n kort gimklas wees, of gaan draf of stap – enige iets is beter as niks!
  • As jy ’n oefenmaat het, maak ekstraseker julle moedig mekaar in die vakansie aan om al die lekker dinge rondom jul oefening te beplan, en nie andersom nie.

 

Kort jy nog motivering? As jy ’n Discovery Vitality-lid is kan jy jou gewone weeklikse Active Rewards in MoveToGive-punte omskakel.

https://www.discovery.co.za/portal/individual/vitality-news-move-to-give

Pleks van jou Vitality Rewards te gebruik om ’n gratis drankie te kry, kan jy dat Discovery dit skenk ten bate van maaltye vir kinders in kleuterskole en dagsorgsentrums deur middel van Food Forward SA. Bly gemotiveerd tussen 21 Desember 2016 en 3 Januarie 2017 deur jouself daaraan te herinner dat jou Vitality Rewards ’n ete vir iemand anders kan beteken.  

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om iemand in die werklike lewe te ontvriend

Jodyne Speyer, skrywer van "Dump ’Em: How to break up with anyone from your best friend to your hairdresser", deel...

Close