×
Skakel na Engels

Bly fiks en leef só langer

’n Oefensessie is dalk jou kaartjie na ewigdurende jeug

Attractive female doing exercise in her living room.She doing abs.

Die verkorting van beskermende lagies (telomere) aan die punte van chromosome help wetenskaplikes bepaal hoe vinnig selle verouder.

 

Slegte gewoontes − soos rook en ’n gebrekkige dieet − verhaas die proses, maar in ’n studie van 7 800 vroue by Harvard University het navorsers in die VSA bevind dat oefening dit kan vertraag.

 

Vroue wat twee tot vier ure per week matige tot energieke oefensessies gevolg het, het langer telomere gehad – gelykstaande aan vroue ses of sewe jaar jonger – as diegene wat minder as ’n uur per week geoefen het.

‘Jy benodig meer as ’n stappie van 5 km per uur, maar jy hoef nie ’n naelloper te wees of heeltemal oorboord te gaan nie ,’ sê dr. Mengmeng Du, die hoofskrywer van die studie.

 

 

Kliek hier vir wenke om:

‘n plat maag te kry

fermer bo-arms te kry

fermer boude en bo-bene te kry

 

Bron: Goeie Huishouding 2012

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Drie gesondheidsvoordele van musiek

Volgens navorsing skuil daar indrukwekkende gesondheidsvoordele in die liedjies wat jou hart laat sing

Close