×
Skakel na Engels

Blosser

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf met vlekverwyderaar.

2 Was daarna.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel.

2 Klad op die vlek tot dit droog is.

3 Herhaal stappe 1 en 2 tot die vlek verdwyn.

OF

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koel water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad op die vlek tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Matte

1 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met ‘n droogskoonmaakmiddel af.

2 Klad op die vlek tot dit droog is.

3 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

4 Spons die vlek met die oplossing af.

5 Klad daarop tot dit droog is.

6 Herhaal stappe 4 en 5 tot die vlek verdwyn of dit droog is.

7 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met 1/2 koppie

water (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).

8 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.

9 Klad daarop tot droog.

10 Herhaal stappe 8 en 9 tot die vlek verdwyn of droog is.

11 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.  Spons die vlek met die oplossing af. Klad daarop tot dit droog is.

12 Spons met koue water af en klad tot droog.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bloubessies

Kledingstof/materiaal 1 Spoel die vlek onder lopende koue water af. 2 Meng een eetlepel witasyn en 1/2 teelepel vloeibare wasmiddel...

Close