×
Skakel na Engels

Bleikmiddel

Kledingstof/materiaal

1 Meng een eetlepel natrium thiosulfaat-poeier met een koppie warm water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Was.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koel water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel witasyn met twee koppies koel water.  Spons die vlek met die oplossing af en klad daarop tot droog.

6 Spons met koue water af en klad tot droog.

 

Matte

1 Meng een eetlepel opwasmiddel en met twee koppies warm water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad daarop tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.  Spons die vlek met die oplossing af en klad daarop tot droog.

6 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Die moeite werd om te probeer

Jy kan dalk ‘n item wat foutiewelik gebleik is herwin deur dit donkerder te kleur. Behandel eers die hele item met ‘n kleurverwyderaar.  Dit sal die kontras tussen die oorspronklike kleur en die kolle wat gebleik is verminder – dit verbeter die kanse dat die item eweredig gekleur sal word.

 

Behandel die Vlek

As jy chloorbleikmiddel op stoffering of ‘n mat spat, sal die kleurverlies permanent wees.  Jy moet nog steeds die vlek behandel, andersins sal die vlek oksideer tot ‘n gelerige kleur.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Voëlmis

Kledingstof/materiaal 1 Behandel vooraf of week in warm water met 'n wasmiddel/poeier wat ensieme bevat. 2 Was. 3 As die...

Close