×
Skakel na Engels

Beveg vet met vesel

Om later in die dag meer vet te verbrand, moet jy soggens die regte koolhidrate eet

Britse navorsers het ’n klein groepie vroue in hul 20’s òf ’n veselryke ontbyt met ’n lae glisemiese indeks (muesli en melk, jogurt en geblikte perskes, en appelsap) òf ’n laevesel-maaltyd met ’n hoë glisemiese indeks (graanvlokkies en melk, wit roosterbrood en konfyt, en ’n suikerdrankie) gegee om te eet.

 

Later in die dag het al die vroue ’n uur lank gaan stap en toe dieselfde middagete geniet. Dié wat die lae-GI-, hoëvesel-ontbyt gehad het, het twee keer soveel vet tydens die stap verbrand – en, as ’n bonus, langer ná middagete voller gevoel.

 

Wanneer jy oefening doen, verbrand jy eerste koolhidrate, en dan vet, verduidelik die navorsers. Aangesien jy minder koolhidrate ná ’n lae-GI-maaltyd stoor, sal jy meer vet tydens jou oefensessie verbrand. Ander goeie ontbytopsies is: ’n vegetariese omelet, All-Bran-graankos, of volgraan-roosterbrood met laevet-kaas.

 

 

Goed om te weet

Om meer vesel te eet, kan ongewenste kilo’s help weghou. Ons behoort daarna te mik om 18 g vesel per dag in te neem.

 

Lees ook

Die voordele van meer vesel eet

Die sleutel tot ‘n plat magie  

 

Bron: Good Housekeeping US

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
28-dag-stapplan: week III

Of jy gewig wil verloor of fiks raak, ons plan sal jou help om jou doelstellings te bereik. Dit gee...

Close