×
Skakel na Engels

Bestuur jou tyd beter deur dié eenvoudige stappe te volg

Met dié vyf stappe sal jy selfs tyd vir jouself kan afknyp!

“Tydsbestuur is nie ’n vaardigheid waarmee jy gebore word nie en dus iets wat jy móét aanleer,” sê Robyn Farrell, die besturende direkteur van 1st for Women Insurance Brokers. Sy voeg by: “Deur dié vaardigheid te bemeester kan jy jou lewe minder stresvol maak en meer tyd inruim vir dié dinge wat regtig saak maak.”

 

Benut jou dag ten volle deur te leer hoe om jou tyd proporsioneel tussen werk, vriende en familie te verdeel. Deur dié vyf stappe te volg sal jy selfs ’n tydjie vir jouself kan afknyp!

 

1. Maak ’n lysie

Beplan jou dag voordat jy saans gaan slaap. Skryf alles wat jy moet doen in volgorde van belangrikheid neer. Dis dalk ’n goeie idee om ’n dagbeplanner te gebruik sodat jy op hoogte van takies, afsprake en ander belangrike inligting kan bly.

 

2. Wees realisties

Stel realistiese sperdatums vir elke taak. Skryf duidelik neer wat jy teen wanneer moet voltooi. Byvoorbeel: Taak X moet teen môremiddag 12:00 klaar wees.

 

3. Moenie alles gelyk probeer doen nie

Konsentreer op die taak waarmee jy besig is, voltooi dit en beweeg dan aan. Só sal jy baie meer produktief wees. Jy dink dalk jy kry meer gedoen deur ’n paar goed gelyktydig te doen, maar eintlik spring jy net van een aktiwiteit na die volgende sonder om werklik te vorder.

 

4. Sê eenvoudig ‘nee’

Wees eerder van die begin af eerlik as om later op die nippertjie te kanselleer. As jy nie daarvoor tyd het nie, wys eerder uitnodigings na vergaderings of sosiale geleenthede van die hand. Moet ook nie aanbied om op ’n komitee te dien as jy nie dink jy gaan daarby uitkom nie.

 

5. Delegeer

Deur jou verantwoordelikhede met ander te deel kan jy meer tyd aan belangriker sake spandeer asook jou werkslading minder maak. Farrell sê: “Moenie bang wees om familielede se hulp te vra nie. Vra vir Ouma om die kinders by die skool te gaan haal en by hul buitemuurse aktiwiteite af te laai. Jy hoef nie áltyd alles self te doen nie en jy mag maar hulp en ondersteuning vra.”

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou kinders besig te hou

Om te verhoed dat jou kinders kla hulle is verveeld, probeer gerus dié lesers se raad

Close