×
Skakel na Engels

Beskerm jou oë teen veroudering

Dis ’n wanpersepsie dat ons sig met tyd verswak bloot omdat ons ouer word. Hier verduidelik ons hoe jy ernstige sigprobleme kan voorkom

Ons blameer dikwels ons ouderdom vir die feit dat ons nie meer die teks in die koerant of op ons selfoon so lekker kan lees nie. Volgens statistiek sal 1 uit elke 12 mense ernstige probleme met hul sig ervaar teen die tyd dat hulle 60 is. So, kan ons dit enigsins voorkom?

 

‘Daar is ’n algemene wanpersepsie dat ons sig met tyd verswak bloot omdat ons ouer word. Ons word ons hele lewe lank aan skadelike UV-strale blootgestel en dís eintlik die oorsaak van algemene probleme soos makulêre agteruitgang en katarakte,’ sê Tony Russell, ’n oogkundige. (Met makulêre agteruitgang word bedoel dat die deel van jou retina waarmee jy die duidelikste sien, verswak.)

 

Hoe vroëer ons na ons oë begin omsien, hoe beter, so begin sommer vandag om dié veranderinge te maak:

 

  1. Dra ’n sonbril, in die somer én winter. Kies ’n bril wat jou oë teen die son se UV-strale beskerm. Selfs wanneer dit bewolk is, dring tot 90% van dié skadelike strale steeds deur die wolke. UV-strale raak al sterker hoe hoër bo seëspieël jy gaan, so as jy graag gaan bergklim, vat altyd jou sonbril saam.
  2. Die algemeenste oorsaak van blindheid is makulêre agteruitgang, wat toeneem hoe ouer ons word.  Jou dieet kan jou hierteen beskerm, maar jy sal daagliks ’n mengbak vol spinasie en vier keer ’n week vis moet eet.  Raadpleeg jou dokter oor aanvullings wat dieselfde uitwerking sal hê.
  3. Moet nooit direk in die son kyk nie. ‘Selfs net ’n paar sekondes kan jou retina tydelik bleik,’ sê Russell.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kies ’n skoen wat pas

Die grootste oorsaak van voetprobleme is die verkeerde skoene. Maak só seker jy koop én dra die regte skoene

Close