×
Skakel na Engels

Beproefde, getoetste en staatmaker-gesinsetes vir die hele week

Jou gesin sal behoorlik hul vingers aflek!

Maandag: Spanakopita-pastagebak

Vier #VleisloseMaandag saam met jou gesin deur dié heerlike aandete op te dis. Die mozzarella gee die gereg ’n smullekker “kaaskors”.

Dinsdag: Macaroni-en-kaas met oemf

Hierdie romerige cheddarkaas smaak heerlik saam met die knoffelpoeier en pepersous. Voeg geurige bloukaas by vir ’n interessante kinkel!

Woensdag: Varkworsies met fyn blomkool

Worsies en kapokaartappels is altyd ’n wenner. Maak dié Banting-vriendelike weergawe en kry só skelmpies meer groente in jou kinders se dieet in. Die romerigheid van die blomkool en die brosheid van die uie maak dié gereg ekstralekker. 

Donderdag: Ham-en-kaas-pizzarol

Bros kors, kaserige vulsel … Ons mond water net van die foto! Vra die kinders om jou met die deeg te help. Vele hande maak ligte werk!

Vrydag: Warmbrakke

Vrydagaande is gemaak om luilekker saam met vriende of familie te kuier, en wat kan nou lekkerder wees as om dit met ’n sappige worsrol in die hand te doen?! Dié help-jouself-aandete is vinnig, maklik, smaaklik en boonop moeitevry vir Ma.

Saterdag: Pizzapastei

Naweke gaan oor pret, plesier en lekker kos! Hierdie pizzapastei is die ideale moeitevrye gereg om op ’n Saterdag aanmekaar te slaan. En dit smaak nie net fantasties nie, maar lyk ook baie indrukwekkend! Almal sal vir ’n tweede skeppie naderstaan …

Sondag: Prutpot-hoender met neute-en-kruiesous

Hierdie prutpothoender met ’n okkerneut-en-kruiesous is net die ding vir wanneer die familie Sondagmiddag vir ete oorkom. Dis maklik om te maak en propvol geur, en die koolslaai is verfrissend en die perfekte bygereg. 

Heerlike nagereg: Kampvuurhappies

Hierdie soet happies is net die ding vir wanneer julle ná ete om die braaivuur kuier en stories vertel. En elkeen kan sommer sy eie een maak!

Naweekgebak: Die volmaakte brownies

Min van ons kan nee sê vir sjokolade en dié brownies is absoluut onweerstaanbaar! Koop gehalte- donker sjokolade, want dis die kern van dié lekkerny.

LEES OOK:

Heerlike gesinsetes met 10 (of minder) bestanddele

’n Geurige viskerrie wat die hele gesin sal geniet

Moeitevrye, gesinsvriendelike etes vir die hele week

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons Kerfees-geïnspireerde weeklikse maaltydplan

Dis amper daardie tyd van die jaar!

Close