×
Skakel na Engels

Bekostigbare gesigmaskers vir ’n lieflike jy

Ons vel is dol oor hierdie bekostigbare gesigmaskers, en joune sal ook wees!

Gesigmaskers het die laaste paar jaar al hoe gewilder geraak, en baie skoonheidsghoeroes sê dat dit een van die noodsaaklike gedeeltes van hul velsorgroetine uitmaak.

Alhoewel hulle normaalweg slegs een of twee maal ’n week aangewend word, is maskers belangrik aangesien hulle ’n konsentrasie belangrike bestanddele bevat wat jou ’n blossende gelaat gee, onsuiwerhede opklaar, vog terugplaas en jou sommer net vertroetel laat voel.

Lees: 6 noodsaaklike gewoontes vir ’n gesonde vel

Jou vel sal jou ewig dankbaar wees! Hier is ’n paar uitgesoekte bekostigbare produkte om jou gesig te bederf:

Smoothing Face Mask:

Die plaaslike skoonheidshuis Sorbet het ’n reeks gesigsmaskers vir algemene velprobleme. Gebruik hul Smoothing Face Mask vir ’n egaliger voorkoms en ’n gelaat wat helder en gloeiend vertoon. Sorbet, R46.

Lees: Wat jou puisies vir jou probeer sê

Coconut Lime Face Mask:

Die trots Suid-Afrikaanse handelsnaam Hey Gorgeous gebruik organiese bestanddele om produkte te vervaardig wat jou vel en die planeet se belange op die hart dra. Die Coconut Lime Face Mask is nie net verfrissend nie, maar ruik hemels. Faithful to Nature, R177.

Manuka Honey Radiance Face Mask:

Manukaheuning is bekend vir die antibakteriële en genesende eienskappe daarvan. Die Manuka Honey Radiance Face Mask deur Good Things bevat ook wit klei om jou porieë te reinig en jou gelaat te verhelder. Clicks, R20.

Skin Logic Collagen Infusion Mask:

Kollageen is iets wat ons vel verloor namate ons ouer word, en dis presies waarom die Skin Logic Collagen Infusion Mask ’n wonderlike keuse vir ’n ouer, glanslose vel is. Dischem, R39.99.

Ethiopian Honey Deep Nourishing Mask:

En vir ’n ekstra bederf, vertroetel jouself met die Ethiopian Honey Deep Nourishing Mask van The Body Shop. Hierdie produk is ideaal vir ’n droë vel en hou getrou by sy belofte om te hidreer en te bevogtig. The Body Shop, R300.

FOTO: iStock/evgenyatamanenko

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak hierdie heerlike, gesonde slaai vandag!

Kikker jou kosblikmaaltyd op met hierdie murgpampoentjie-en-koeskoesslaai met lemoen

Close