×
Skakel na Engels

Beïndruk jou kuiergaste met hierdie ontbytfees!

Maak moeiteloos vir ’n groot groep kos
ontbytfees

Dek ’n ontbytbuffet in pastel-kleure

1. Soek in jou kaste na al jou pastelkleurige tafelgerei – van vase tot bekers en borde. Jy kan selfs ou flesse met oorskiet-verfmonsters verfraai.

2. Hang verskeie papierblomme gedeeltelik oormekaar teen die muur en maak ’n sierrand vir jou tafel deur repe in ’n strook kreukelpapier te knip.

3. Geen koekstaander nie? Maak jou eie deur twee tot drie borde in verskillende groottes en omgekeerde bakkies opmekaar te stapel.

Kortpaaie vir eet- en drinkgoed

Spaar jouself tyd en moeite:

1.  Voeg gekapte vrugte, neute, sjokolade en ’n tikkie kaneel by jou geliefkoosde Sasko Quick Treats-muffin-mengsel. Maak en vries dit vir ’n toekomstige laatontbyt.

2. Maak ’n beker rooibos-ystee met suurlemoen aan en verkoel dit oornag vir ’n verfrissende drankie.

3. Dis nou mode om ’n koek minimaal te versier. Stapel gekoopte sponskoek met room tussenin opmekaar en sif versiersuiker oor – dus geen versiersel om te maak of te smeer nie!

Noodsaaklikhede vir ’n spoggerige ontbyttafel

Ovaal houtskinkbord

R239 (was R339)*, Yuppiechef.com

Verhewe koekstaander

R660, Le Creuset

Help jouself

Maak die druk op jouself minder deur soveel moontlik selfhelp-opsies uit te pak:

1. ’n Bageltafel met soet en soutige bagels, asook ’n verskeidenheid vulsels en bolae, is ’n maklike, heerlike oplossing.

2. ’ n Bloody Mary-selfhelpkroeg is altyd ’n treffer. Jy sal bekers tamatiesap, vodka en al die garnerings nodig hê om verruklike skemerkelkies mee te maak!

3. Maak ’n vrugteslaaistasie soos in hotelle – vul bakkies met vars, gesnyde vrugte en pak ’n verskeidenheid jogurt, vrugtestrope, heuning en ontbytgrane uit.

Blomwenk

Fraai geskenkies wat gaste kan saamneem:

1. Jy benodig roomyshorinkies, waspapier, vars blomme en blomhouers.

2. Voer ’n paar roomyshorinkies met waspapiersirkels uit; pak verskeie flesse en vase vol blomme uit sodat mense self hul blomme kan kies.

3. Wanneer dit huis-toe-gaan-tyd is, nooi gaste om ’n “blomroomys” te maak deur blomme van hul keuse in ’n horinkie te rangskik.

FOTO: iStock/Rawpixel

LEES OOK:

Dít is hoe jy ’n fantastiese kinderpartytjie hou

7 tafelversierings sonder blomme vir troues

Suzelle DIY: Hoe om macramé te maak saam met Zolani

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Hoe om macramé te maak saam met Zolani

Dié 70’s-neiging raak weer gewild!

Close