×
Skakel na Engels

Bederf jou geliefdes met hierdie velsorgprodukte vir Kersfees

Of vir jouself. Ons oordeel nie …
velsorgprodukte

Kersfees is om die draai en as jy nie die vaagste benul het wat om vir die skoonheidsverslaafdes in jou lewe te koop nie, kom ons graag tot jou redding. Hier is ’n paar heerlike bederfprodukte wat vir heelwat Kersvreugde sal sorg. 

Pin hierdie artikel vir later!Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lush Rose Jam Naked Shower Gel

Dit lyk dalk soos ’n seep, maar dit voel soos ’n stortjel. En die vermenging van vanielje en Turkse roos is onweerstaanbaar luuks. 

Nature’s Carnival I Love Shimmer Body Mist

Dié lyfsproei is die ideale geskenk vir iemand wat die oog wil vang. Dit ruik soos rose, wierook en goue amber, en verleen ’n glinstering aan jou vel.

Lees ook: Die beste skoonheidsgeskenkpakke om hierdie Kersfees te gee

Lulu & Marula Naartjie Lip Balm

Ons word altyd aangepraat om plaaslik te koop, en handelsmerke soos dié maak dit maklik. Hierdie voedende lipbalsem met sy knippie sitrus is perfek vir enige Kerskous. 

Women’Secret Sweet Temptations Apple EDT

Vars, vrugtige geure is ideaal vir die somer, en ’n wonderlike geskenk vir enige iemand wat lief is vir parfuum. 

The Body Shop Frosted Plum Hand Cream

Frosted Plum vorm hierdie jaar deel van The Body Shop se Kersfeesreeks, en hierdie handeroom is nie net bevogtigend nie, dit het ook ’n hemelse geur. 

Lees ook: 3 maniere om te kroek met jou Kersfeesete!

 

Kahve Coconut Matcha Revive Body Scrub

Nog ’n plaaslike produk waaroor ons mal is: Hierdie lyfskrop doen sy naam gestand en laat jou met ’n sysagte, gladde vel wat vra om bewonder te word … 

Nesti Dante Paradiso Tropicale St. Barth’s Coconut & Frangipani Soap

Indien ’n reis na ’n tropiese eiland jou nie beskore is nie, is hierdie klapper- en frangipaniseep ’n uitstekende tweede keuse. 

Woolworths Simply Floral Hydrating Shower Oil

Hierdie olie bevogtig jou vel terwyl jy stort en laat jou met ’n vel wat heerlik voel en ruik. Die reeks is in vyf heerlike geure beskikbaar. Vertroeteling op sy beste!

FOTO: iStock/ASIFE

LEES OOK:

Katte, honde en Kersversierings

5 wonderlike webwerwe vir gratis Kersfees-template

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ruk jou huis reg voor Kersfees: 1 week oor

Vinnige wenke vir ’n agtermekaar tuiskantoor

Close