×
Skakel na Engels

Banting-beginstel

Is jy onseker oor hoe om te begin Bant? FitChef sal (amper) al jou maaltye vir jou berei en dit by jou huis aflewer

FitChef bied ’n maklike oplossing vir besige nuwe Banters. Pleks van te probeer uitwerk wat jy kan eet en wat nie – en jou kosmakery daarvolgens aan te pas – kry ’n maand se LKHV-maaltye in ’n beginstel by jou deur afgelewer. Pak net alles in die vrieskas en ontvries dit wanneer jy dit nodig het (maar let wel, jy gaan baie vriesspasie nodig hê!).

Die Banting-beginstel verskaf sowat 70% van jou maaltye en versnaperinge vir ’n maand. Voeg ’n paar vars goed daarby – soos groente, ekstra vis en ongegeurde jogurt – om die gapings te vul en alles is uitgesorteer.

As jy eers behoorlik verstaan hoe Banting werk, kan jy na die Banting-instandhoudingsplan oorskakel of jou gunsteling-LKHV-maaltye uit die lys kies en die res van die maaltye self berei.

FitChef gebruik geen preserveer-, kleur- of bymiddels, verfynde bestanddele, suiker of verfynde sout nie. Al hul vleis is van grasvreters of vrylopende diere wat nie antibiotika of hormone toegedien is nie. Aflewering is so te sê landwyd.

Besoek FitChef vir meer inligting.

LEES OOK:

Raak besig in die kombuis met hierdie Banting-boeke

Elmari se weeklikse Banting-dieetdagboek: Week 16

3 heerlike Banting-nageregte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die slegste en beste somerkos vir gewigsverlies

Wie se idee was dit om braaivleis en Kersetes in dieselfde seisoen as swembroeke te sit?! Lees hier hoe om...

Close