×
Skakel na Engels

Baba-Formule

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf met ‘n vlekverwydermiddel wat ensieme bevat of week vir ten minste 30 minute in ‘n oplossing van vloeibare wasmiddel wat ensieme bevat.

2 Was.

3 As die vlek nie verdwyn nie, laat lug-droog en behandel weer met voorwas-vlekverwydermiddel.

4 Was weer in baie warm water met chloorbleikmiddel, indien veilig vir die materiaal.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koel water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad op die vlek tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn.

5 Spons met koue water af en klad tot droog.

 

Matte

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies warm water.

2 Met ‘n skoon wit lap, spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad op die vlek tot droog.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of heeltemal droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, meng een eetlepel ammoniak met twee koppies warm water (Waarskuwing: moet nooit chloorbleikmiddel en ammoniak meng nie – die dampe is gevaarlik).

6 Spons die vlek met die ammoniakoplossing af.

7 Klad daarop tot droog.

8 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Behandel dadelik of dit sal permanente vlekke laat.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief