×
Skakel na Engels

Alles wat jy van geaktiveerde houtskool moet weet

Maak seker jy het dié produk in jou medisynekassie
houtskool

As jy onlangs op Instagram was, sou jy waarskynlik sien dat die wêreld behoorlik gons oor geaktiveerde houtskool. “Geaktiveerde houtskool is my voorskrif aan enige pasiënt wat sukkel met diarree, gas, ’n spastiese kolon of voedselvergiftiging,” sê dr. Terry Serebro. “Ek is mal daaroor dat dit nietoksies is en dadelik verligting bring. Die terugvoer van pasiënte wat dit gebruik, is oorweldigend positief.”

Wat is geaktiveerde houtskool? 

Geaktiveerde houtskool word teen hoë temperatuur gemaak van brandhout of kokosneutdoppe. Die hitte is nodig om enige stuurstof te verwyder en die hout of doppe met stoomagtige gasse te vul. Die resultaat is ’n hoogs absorberende stof met miljoene klein porieë wat swaar metale, chemikalieë, gasse en gifstowwe uit die vel, en selfs die mond en tande, opneem.

Hoe werk dit?

Die aanvulling, ook bekend as geaktiveerde koolstof of kokosneut-as, word gewoonlik in kapsuul-, tablet- of poeiervorm gebruik en kan klaarblyklik wingerdgriep voorkom, die newe-effekte van voedselvergiftiging verlaag, winderigheid verminder en gifstowwe verwyder (wat ook help om die vel mooi te hou). “Geaktiveerde houtskool word nie verteer of opgelos deur die sure of die alkalië van die spysverteringskanaal nie en word dus nie in die bloedstroom opgeneem nie, wat beteken dit is geensins toksies nie,” sê Serebro.

Bly ingenome met jou ingewande

Geaktiveerdehoutskool-kapsules en -tablette kan maagpyn soos oormatige winderigheid, kosintoleransies, diarree, opgeblasenheid en slegte spysvertering verlig. Die tablette is ideaal as jy na ’n onbekende land of stad reis en dalk voedselvergiftiging of ’n maagaandoening opdoen. Maak net seker dat jy ’n hoëkwaliteitproduk met hoë vlakke van aktivering en absorbsie gekoop het, want in ’n noodgeval wil jy nie ’n te klein dosis inneem nie, sê Serebro.

Die vlakke van aktivering en absorbsie word gemeet aan ’n jodiumtelling. Die meeste geaktiveerdehoutskool-produkte het ’n jodiumtelling van tussen 500 en 800. Sommige handelsmerke (soos die Naturmade’s Charco-reeks) het ’n buitengewoon hoë jodiumtelling, tussen 1 100 en 1 500, wat dit een van die mees “supergeaktiveerde” houtskoolprodukte op die plaaslike mark maak.

In ’n noodgeval

In die geval van ’n akute maagaandoening of vergiftiging (mens of troeteldier) wil jy so gou moontlik effektief optree. Maak seker jy gebruik ’n geaktiveerdehoutskool-tablet sonder die lakseermiddel sorbitol (soos die geaktiveerde houtskool wat in hospitale gebruik word om vinnig gifstowwe uit die liggaam te verwyder).

O wee, die wingerdgriep!

“Hoewel dit nie ’n kuur vir babbelas is nie, sal houtskool ná ’n aandjie uit (neem dit voor jy gaan slaap en die oomblik wanneer jy wakker word) die oorblywende gifstowwe weens alkoholgebruik ‘absorbeer’,” sê Serebro. Net soos vetterige kos wat die gifstowwe in jou maag verdun en jou aansienlik beter laat voel, sal houtskool gifstowwe “absorbeer”, opvang en uitskei, wat jou heelwat beter en minder olik sal laat voel.

Serebro stel voor dat jy ses tablette of vier kapsules voor slaaptyd drink en nog ses tablette of vier kapsules wanneer jy wakker word (drink terselfdertyd soveel as 500 ml water) vir die beste resultate.

Probeer dié aanvullings: 

Naturmade Activated Charcoal CharcoTabs 125 mg, R99

 

Nutri Life Activated Charcoal 250 mg, R74 

Swanson Activated Charcoal 260 mg, R505

Foto: iStock/SasaJo

LEES OOK:

5 dinge wat jou maag vir jou probeer sê

Die waarheid oor pille vir ’n mooi vel

Houtskool: Skoonheid se wondermineraal

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Doen hierdie dinge vandag vir meer woema!

Probeer dié dieetaanpassings vir meer energie

Close