×
Skakel na Engels

Alles wat jy oor vleismoesies moet weet

Dit word ook akrokordons of muistepels genoem … maar jy hoef nie daarmee te sukkel nie
vleismoesies

Los, vleeskleurige knoppies wat soms op die liggaam voorkom, is dikwels akrokordons (skin tags), oftewel vleismoesies of muistepels in leketaal, en dis algemener as wat jy dalk dink. Dit lyk dalk nie mooi nie, en dit kan deur juweliersware en klere geïrriteer word, maar dis nie gevaarlik nie en kan veilig en taamlik pynloos deur ’n dermatoloog verwyder word.

Wat is vleismoesies?

Vleismoesies is niekwaadaardige groeiseltjies op die vel wat uit normale velweefsel en vet bestaan. Dit vorm in die algemeen op plekke wat daar baie wrywing is, soos die nek, bobene en oksels, en dit kan oorerflik wees. Dit kan met enige iemand op enige ouderdom gebeur, wat beteken as jy dit nog nie het nie, is dit dalk iets waarmee jy in die toekoms te doen sal hê!

Lees: 3 geheime vir ’n mooi vel

Wat veroorsaak vleismoesies?

Vleismoesies kom algemeen voor op mense met diabetes of wat oorgewig of vetsugtig is. Hierdie toestande gaan ongelukkig dikwels hand aan hand. Die vleismoesies vorm tussen voue van die vel waar daar wrywing is van die voue wat teen mekaar vryf. Baie vroue ontwikkel ook vleismoesies gedurende swangerskap. 

Lees: Pluk jy aan jou vel? Dis meer as net ’n slegte gewoonte

Hoe om van vleismoesies ontslae te raak

Baie mense probeer om self met allerhande tuisremedies van vleismoesies ontslae te raak, en probeer dit selfs afsny. Dis ’n verskriklike idee, want behalwe dat dit uiters pynlik is, kan dit ook tot meer pyn lei as die deel geïnfekteer raak.

Besoek eerder ’n dermatoloog wat dit vinnig, maklik en higiënies kan verwyder deur dit met koue vloeibare stikstof af te vries, of die deel kan verdoof en die vleismoesies met ’n chirurgiese skêr of skalpel kan verwyder.

FOTO: iStock/

LEES OOK:

Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Velskete: Wat is milia en hoe raak jy daarvan ontslae?

Die waarheid oor pille vir ’n mooi vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om die vroee tekens van velkanker raak te sien

Vroeë opsporing is noodsaaklik in die stryd teen velkanker

Close