×
Skakel na Engels

Yudhika Sujanani se droomlekker klapperkoek

  • 30 min
  • 30 min
  • 10
  • Medium
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 170 g botter
  • 250 g strooisuiker
  • 250 g bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • 60 g gedroogde klapper
  • 4 groot eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 200 ml klappermelk
  STROOP
  • 200 ml klappermelk
  • 35 g suiker
ROOMVERSIERSEL
  • 250 ml dubbeldik room
  • 195 g nageregroom, verkoel
  • 30 g versiersuiker
  • ¼ t vanieljegeursel
  • bessies, vir versiering

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer en voer ’n 22 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit.
    2. Verroom die botter tot lig van kleur. Voeg die strooisuiker geleidelik by en hou aan klits totdat die mengsel donsig en lig van kleur is.
    3. Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n aparte bak en voeg die gedroogde klapper by.
    4. Voeg die eiers een-een saam met ’n teelepel meelmengsel by die verroomde bottermengsel. Voeg die vanieljegeursel by.
    5. Roer die helfte van die droë bestanddele met ’n spatel by die verroomde bottermengsel in. Voeg die helfte van die klappermelk by die beslag en roer liggies om te meng. Herhaal met die orige meel en klappermelk.
    6. Skep die beslag in die voorbereide pan. Bak vir 30 minute totdat die koek goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en los in die pan.
    7. Verhit die klappermelk vir die stroop saam met die suiker in ’n pan en bring tot kookpunt. Laat prut tot verdik. Verwyder van die hitte wanneer die stroop die agterkant van ’n lepel liggies bedek.
    8. Steek die koek verskeie kere met ’n toetspen en giet die warm stroop bo-oor. Laat heeltemal afkoel en haal uit die pan.
    9. Klits die dubbeldik room, nageregroom, versiersuiker en vanielje tot dik en donsig. Versier met die roommengsel en bessies.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief