×
Skakel na Engels

Whoopie pies met sjokolade en piesang

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 k koekmeel
  • ⅔ k kakaopoeier
  • 1 t koeksoda
  • ¼ t sout
  • 2 ryp piesangs
  • ⅓ k suurroom
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 6 e sagte botter of margarien
  • 1 k suiker
  • 1 groot eier
  • 1⅓ k “marshmallow crème” (by sekere spesialisdeli’s en uitgesoekte Sparwinkels beskikbaar of besoek www.goodhousekeeping.co.za/af/recipes/marshmallow-creme vir ’n resep)

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 175 °C. Voer 2 bakplate met waspapier uit.
    2. Meng die meel, kakao, koeksoda en sout in ’n middelslagbak. Druk genoeg piesang fyn om ½ k vol te maak; kap die res baie fyn en hou eenkant. Meng die fyngedrukte piesang, suurroom en vanielje in ’n ander bak saam.
    3. Klits die botter en suiker teen ’n matige spoed in ’n groot bak tot goed gemeng. Klits die eier by tot goed gemeng. Verminder die spoed tot laag. Voeg die meelmengsel en suurroommengsel om die beurt by – begin en eindig met die meelmengsel; klits totdat die beslag net-net glad is.
    4. Skep opgehoopte maatlepels van die beslag, 5 cm uitmekaar, op die bakplaat. Druk die bokante van die balletjies met jou nat vingerpunte plat.
    5. Bak vir 12 tot 15 minute of totdat die middel effens terugspring wanneer dit liggies gedruk word. Ruil die plate halfpad deur die baktyd om. Laat dit heeltemal in die pan op draadrakke afkoel.
    6. Draai die helfte van die koekies om sodat die plat kant na bo wys. Skep 1 e van die malvalekkervulsel op elkeen. Skep die orige piesang in die middel van elke vulsel en sit nog ’n koekie bo-op, nes ’n toebroodjie.
    MAAK VOORUIT: Laat die beskuitjies heeltemal afkoel en vries in ’n lugdigte houer, met waspapier tussen die lae, vir tot ’n maand. Vul net voor opdiening met die malvalekkervulsel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief