×
Skakel na Engels

Waaieraartappels

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • ½ e sout
  • 2,5 kg mediumgrootte aartappels, geskik vir rooster
  • 6 e olyfolie

Resep Aanwysings

    1. Vul ’n groot bak halfvol met koue water en roer ½ e sout by. Skil die aartappels. Sit een op ’n snyplank en sny diep horisontale kepe 0,5 cm van mekaar af deur sowat twee derdes van die aartappel. Sit dit terug in die soutwater, wat die kepe help oopgaan. Herhaal met die oorblywende aartappels. Maak seker al die aartappels is met water bedek en laat dit minstens 1 uur lank of oornag daarin week.
    2. Voorverhit die oond tot 190 °C. Giet olie in ’n groot kleefwerende oondbraaibak en verhit dit vir 10 minute in die oond. Dreineer die aartappels en klad droog met kombuispapier. Plaas die aartappels versigtig in die bak en bedek met olie. Rangskik met die gekeepte dele na bo en geur na smaak.
    3. Rooster dit 1 tot 1¼ uur lank tot goudbruin. Bedruip weer na sowat 30 minute. Skep oor op ’n warm opdienbord.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief