×
Skakel na Engels

Vyfspesery-varkjops met pruime

  • 10 min
  • 10 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 e botter
  • 4 (85 g elk) beenlose varklendetjops
  • ¾ t vyfspeserypoeier
  • ¼ t sout
  • 5 pruime, in skyfies gesny
  • 1 fyngedrukte knoffelhuisie
  • ¼ k gegeurde rysasyn
  • 2 e sojasous
  • 1 e bruinsuiker
  • 3 sprietuie, in 2,5 cm-stukke gesny

Resep Aanwysings

    1. Verhit die botter in ’n 30 cm-pan oor mediumhoë hitte.
    2. Geur die tjops met die vyfspeserypoeier en sout. Braai die tjops vir 5 minute of tot bruin, draai een keer om en skep op ’n bord uit.
    3. Plaas die pruime in die pan en roerbraai vir 3 minute. Roer die knoffel by en dan die rysasyn, sojasous en bruinsuiker. Hou aan roer en verhit totdat dit prut. 
    4. Plaas die tjops terug in die pan en laat kook vir 1 minuut of tot deurgaar. Roer die sprietuie by. 

    ELKE PORSIE: Sowat 1 320 kJ, 19 g proteïen, 21 g koolhidrate, 18 g vet (8 g versadigde vet), 2 g vesel, 865 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief