×
Skakel na Engels

Vullende krulkool-en-boneslaai

  • 10 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 groot bos krulkool, stingels verwyder en blare in dun repies gesny
  • 230 g Brusselse spruite, in dun repies gesny
  • 3 e suurlemoensap
  • 1 fyngedrukte knoffelhuisie
  • ¼ t elk sout en peper
  • 3 e ekstrasuiwer olyfolie
  • 425 g gedreineerde cannellinibone
  • ⅓ k geroosterde okkerneute
  • 110 g pecorinokaas, in blokkies gesny
  • roosterbrood, om mee voor te sit (opsioneel)

Resep Aanwysings

    1. Meng die krulkool en Brusselse spruite in ’n groot opdienbak.
    2. Klits die suurlemoensap, knoffel en sout en peper in ’n klein bakkie. Klits die olyfolie daarby.
    3. Meng die slaaisous met die krulkoolmengsel. Voeg die cannellinibone, okkerneute en pecorinokaas daarby en meng weer.
    4. Sit met roosterbrood voor as jy wil. 

    ELKE PORSIE: Sowat 1 900 kJ, 25 g proteïen, 33 g koolhidrate, 27 g vet (8 g versadigde vet), 13 g vesel, 780 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief