×
Skakel na Engels

Vlierblom-en-jenewer-granita

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 100 ml water
  • 100 g strooisuiker
  • 125 ml tot 175 ml jenewer (na smaak) 400 ml vlierblomstroop (elderflower syrup, by deli’s beskikbaar)
  • sap en skil van 1 suurlemoen 

Resep Aanwysings

    1. Verhit die water en suiker in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Roer af en toe tot opgelos.
    2. Roer die jenewer, vlierblomstroop en suurlemoensap by. Laat afkoel. Giet in ’n groot, vlak vriesvaste houer en vries vir 2 uur.
    3. Haal uit die vrieskas en krap dit met ’n vurk om die yskristalle op te breek. Sit vir 3 uur in die vrieskas en herhaal. Sit in verkoelde wyn- of koeldrankglase voor en garneer met gerasperde suurlemoenskil.

     

    WERK VOORUIT Jy kan dit tot ’n maand vooraf maak. Bêre dit in ’n seëlbare, vriesvaste houer. Haal dit 5 minute voor opdiening uit die vrieskas sodat dit ’n bietjie kan ontdooi en krap dit met ’n vurk los.

     

    Elke Porsie Sowat 590 kJ, 0 g vet (0 g versadigde vet), 23 g koolhidrate (23 g totale suiker), 0 g proteïen, 0 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief