×
Skakel na Engels

Vlamgeroosterde steak

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Vlamgeroosterde steak

Resep Bestanddele

  • 500 g biefstuk 
  • sout en peper
  • 5 t ekstrasuiwer olyfolie
  • 2 middelslag-vinkelbolle, ontkern en in die lengte in 1,5 cm-dik skywe gesny
  • 1 groot rooi-ui (200 g tot 300 g), in 0,5 cm-dik skywe gesny
  • ½ k vars kruisementblare
  • ½ k vars platblaarpietersielie
  • 3 e rooiwynasyn
  • 2 e kappertjiesaad, afgespoel en gedreineer
  • 1 klein knoffelhuisie, fyngedruk

Resep Aanwysings

    1. Berei ’n braai of Weber voor om die vleis oor matige hitte gaar te maak. Sprinkel ¼ teelepel elk sout en varsgemaalde swartpeper oor die steak sodat albei kante gegeur is. Gebruik 2 teelepels olie om albei kante van die vinkel- en uieskywe te bestryk; besprinkel met ’n knippie sout.
    2. Braai of rooster die vleis 8 tot 10 minute tot halfgaar of gaar soos verkies; draai dit een maal om. Rooster die uie 7 tot 9 minute langs die vleis of totdat dit sag is. Plaas die steak op ’n snybord; laat 10 minute rus. Plaas die uie in ’n bak.
    3. Maak intussen die vinaigrette: Kap die kruisement en pietersielie fyn, en plaas dit in ’n middelslagbak saam met die asyn, kappertjiesaad, knoffel, 1 eetlepel water en oorblywende 3 teelepels olie. Roer om te meng.
    4. Plaas vinkel op die rooster. Bedek en rooster 3 tot 4 minute totdat dit verbruin is; draai dit een maal om. Meng met die ui.
    5. Sny die steak in dun skywe. Sit voor met vinkel, uie en vinaigrette.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 215 kJ, 26 g proteïen, 16 g koolhidrate, 13 g totale vet (4 g versadigde vet), 6 g vesel, 67 mg cholesterol.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief