×
Skakel na Engels

Visklontjies met sitrusmayonnaise

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
visklontjies

Resep Bestanddele

  • 250 g koekmeel
  • 3 e (45 ml) suurlemoenpepergeursel
  • 5 eiers
  • 450 g Sea Harvest-stokvismedaljons, in stukkies gesny
  • kookolie, vir braai

Vir die sitrusmayonnaise

  • 1 t (5 ml) gerasperde suurlemoenskil
  • ½ t (2,5 ml) suurlemoensap
  • 4 e (60 ml) mayonnaise

Resep Aanwysings

    1. Meng die meel en gursel saam. Klits die eiers afsonderlik.
    2. Doop eers die stukkies vis in die eiers en dan in die meel.
    3. Verhit die olie tot 180 °C en braai die klontjies vir 3 tot 4 minute in die warm olie tot gaar. Skep die visklontjies uit die olie en plaas dit op handdoekpapier om die olie te dreineer.
    4. Maak die suurlemoenmayonnaise: Meng die suurlemoenskil, suurlemoensap en mayonnaise saam en skep dit in ’n klein doopsousbakkie. Sit saam met die visklontjies voor.
    5. Vir stokvis-goujons: Vervang die stokvismedaljons deur vellose stokvisfilette en sny in repies van 2 cm tot 3 cm. Berei op dieselfde manier as hier bo.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief