×
Skakel na Engels

Vis met groente in foelie gebak

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Vis met groente in foelie gebak

Resep Bestanddele

  • 1,5 kg witvisfilette
  • 1/2 prei
  • 1 groot ui
  • 2 tot 3 knoffelhuisies
  • 2 rooi of geel soetrissies, saadjies verwyder
  • 1 kopkool
  • 12 kersietamaties
  • sout en peper
  • vars tiemie of pietersielie
  • 125 ml witwyn
  • 45 ml olyfolie
  • 150 g botter

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n oondpan met foelie uit.
    2. Sny die vis in geskikte porsiegroottes en plaas dit in die oondpan.
    3. Sny en kap al die groente en pak dit rondom die vis. Voeg geurmiddels en kruie by.
    4. Sprinkel die wyn en olie oor en stip met botter.
    5. Bedek die pan met nog ’n stuk foelie en vou die rande om om ’n geseëlde pakkie te vorm. Bak vir 40 minute.
    6. Sit voor met aïoli, pestomayonnaise of enige ander ryk, romerige doopsous. 
    Wenk: Enige wit vis met ’n matige smaak soos stokvis, koningklip of kabeljou is geskik vir die resep.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief