×
Skakel na Engels

Vinnige, ongebakte brownies

  • 12
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

Zoe Brown 'n radioomroeper en TV-aanbieder is.  Wanneer sy nie selfdoenprojekte op SABC3 se Expresso demonstreer of haar program op KFM aanbied nie, sal jy haar op ’n staproete in die Wes-Kaap vind

  • 2 pakkies Mariebeskuitjies
  • 2 eiers
  • 250 g botter
  • 100 ml kakao, gesif
  • 500 g versiersuiker, gesif
  • 1 t vanieljegeursel

Resep Aanwysings

    1. Breek die Mariebeskuitjies in ’n bak in klein stukkies op.

    2. Klits die eiers en plaas eenkant.

    3. Smelt die botter in ’n groot mikrogolfbestande bak in die mikrogolf en voeg die kakao, versiersuiker, vanieljegeursel en eiers by. Meng goed.

    4. Kook die sjokolademengsel in die mikrogolf vir 2 minute op hoog.

    5. Voeg die gebreekte beskuitjies by die sjokolademengsel en meng totdat die beskuitjies bedek is.

    6 Versprei die mengsel op ’n rolkoekpan wat met bakpapier bedek is.

    7. Los oornag in die yskas of tot geset (sowat 2 uur).

    8. Sny in 4 cm blokkies

     

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief