×
Skakel na Engels

Vinnige hoendersop

  • 35 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Vinnige hoendersop

Resep Bestanddele

  • 350 g hoenderdyfilette, in happiegrootte stukke gesny
  • 500 g aartappels, geskil en in 1 cm-skywe gesny
  • 750 ml hoender- of groente-aftreksel
  • 300 g bevrore gemengde groente
  • 3 tot 4 e dubbeldik room, na smaak
  • 1 e olyfolie

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die hoender oor hoë hitte vir 5 tot 10 minute tot goudkleurig terwyl jy roer. Skep dit op ’n bord uit. Plaas intussen die aartappels in ’n kastrol en giet die aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat vir 10 tot 15 minute prut totdat die aartappels heeltemal sag is. Skep ’n lepel vol aartappels uit, maak dit fyn en voeg dit weer by die res van die aartappels. Voeg weer die hoender by. Laat prut vir 5 minute totdat die hoender deurgaar is.
    2. Voeg die groente en room by. Bring weer tot kookpunt, verlaag dan die temperatuur en laat vir ’n paar minute prut. Geur na smaak. Skep dit in diep sopbakkies, geur met varsgemaalde swartpeper en sit voor.
    ELKE PORSIE Sowat 1 510 kJ, 22 g proteïen, 18 g vet (6 g versadig), 26 g koolhidrate (4 g totale suiker), 3 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief