×
Skakel na Engels

Vermenger-plaatkoekies

  • 5 min
  • 20 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Vermenger-plaatkoekies

Resep Bestanddele

  • Gesmelte botter, om die pan te smeer
  • 1 x maklike vermengerbeslag (sien hieronder)
SUIKERMIELIES
  • 1 k melk
  • 1 groot eier 
  • 1 k mieliemeel
  • 1/2 k koekmeel
  • 2 e suiker
  • 2 t bakpoeier
  • 1/2 t sout
  • 1 k geblikte heel mieliepitte 
FRAMBOSE
  • 1 k frambose,
  • 1 k melk
  • 1 groot eier 
  • 1 1/2 k koekmeel
  • 2 e suiker
  • 2 t bakpoeier
  • 1/2 t sout
  • 1/2 k frambose
BLOUBESSIES
  • 1 k bloubessies
  • 1 k melk 
  • 1 groot eier
  • 1 1/2 k koekmeel
  • 2 e suiker
  • 2 t bakpoeier
  • 1/2 t sout
  • 1/2 k bloubessies

Resep Aanwysings

    Vir vinniger plaatkoekies (sonder ’n klitser en bak), vermeng die beslag, voeg vars geurmiddels by en begin bak.
    1. Verhit ’n kleefwerende 30 cm-pan oor medium hitte tot warm; verf liggies met gesmelte botter. Skep 1/4 koppies vol beslag op ’n keer in die pan. Laat dit vir 2 tot 3 minute bak of totdat dit borreltjies vorm en die rande droog is. Draai dit met ’n spatel om en laat bak vir nog 2 minute.
    SUIKERMIELIES
    • Zirts 1 k melk en 1 groot eier in ’n vermenger. Meng dan 1 k mieliemeel, 1/2 k koekmeel, 2 e suiker, 2 t bakpoeier en 1/2 t sout by. Roer 1 k geblikte heel mieliepitte daarby in voordat jy dit bak. Genoeg vir 4
    • ELKE PORSIE: Sowat 1 450 kJ, 9 g proteïen, 61 g koolhidrate, 7 g vet (4 g versadig), 3 g vesel, 595 mg natrium.
    FRAMBOSE
    • Zirts 1 k frambose, 1 k melk en 1 groot eier  in ’n vermenger. Meng dan 1 1/2 k koekmeel, 2 e suiker, 2 t bakpoeier en 1/2 t sout daarby in. Roer 1/2 k frambose daarby in voordat jy dit bak. Genoeg vir 4
    • ELKE PORSIE: Sowat 1 280 kJ, 9 g proteïen, 52 g koolhidrate, 7 g vet (3 g versadig), 4 g vesel, 590 mg natrium.
    BLOUBESSIES
    • Zirts 1 k bloubessies, 1 k melk en 1 groot eier in ’n vermenger. Meng dan 1ó k koekmeel, 2 e suiker, 2 t bakpoeier en 1/2 t sout by. Roer 1/2 k bloubessies daarby in voordat jy dit bak. Genoeg vir 4
    • ELKE PORSIE: Sowat 1 320 kJ, 9 g proteïen, 55 g koolhidrate, 7 g vet (3 g versadig), 3 g vesel, 590 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief