×
Skakel na Engels

Vegetariese lasagne

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 3 e olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 x 350 g-boksies van Fry se vegetariese maalvleis met vegetariese sous, ontdooi, of enige ander vegetariese mengsel
  • 100 ml rooiwyn
  • 2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
  • 1½ e gemengde droë kruie
  • ½ blokkie groente-aftreksel
  • 4 e meel
  • 600 ml melk
  • 9 droë gou-gaar-lasagnevelle
  • 50 g beleë cheddarkaas, gerasper

Resep Aanwysings

    1. Verhit 1 e olie in ’n pan en braai die uie vir 10 minute. Verhoog die hitte, voeg die vegetariese maalvleis by en braai vir 5 minute. Voeg die wyn by en prut vir 5 minute.
    2. Roer die tamaties en kruie by, krummel dan die aftrekselblokkie in en voeg geurmiddels by. Bring die mengsel tot kookpunt; laat prut vir 5 minute tot verdik. Verwyder van die hitte.
    3. Verhit die oorblywende olie in ’n pan om die witsous te maak. Roer die meel by. Braai vir 30 sekondes, verwyder die pan van die  hitte en klop die melk geleidelik by. Verhit die mengsel weer, bring tot kookpunt en laat prut dan vir 5 minute. Klop aanhoudend totdat dit verdik.
    4. Voorverhit die oond tot 200 °C.
    5. Skep ’n derde van die maalvleismengsel in ’n 2-liter-oondbak. Bedek met drie lasagnevelle en ’n bietjie van die witsous. Herhaal die proses twee keer en eindig met ’n lagie witsous. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 30 tot 35 minute tot goudbruin. (Bedek met foelie as dit te vinnig verbruin).
    6. Sit dadelik saam met ’n slaai voor.
    ELKE PORSIE: 1 562 kJ, 12 g vet (4 g versadigde vet), 42 g koolhidrate (5 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief