×
Skakel na Engels

Varklendetjops in paprika-marinade

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 kg varklendetjops of ribtjops
  • 1 middelslag-ui, fyngekap of gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 sopie (25 ml) olyfolie
  • 3 sopies (75 ml) bier
  • 2 t matige tot sterk mosterd
  • varsgemaalde swartpeper
  • 4 salieblare, fyngekap
  • 2 t fyngemaalde paprika
  • ’n paar druppels brandrissiesous
  • 1 suurlemoen
  • seesout
  • vleistermometer

Resep Aanwysings

    Paprika gee ’n aangename byt aan die varkvleis. Braaitemperatuur: Baie warm kole.
    1. Sny die oortollige vet van die tjops af en los net ’n dun, eweredige vetlagie oor.
    2. Meng die uie en knoffel met die olie, bier, mosterd, peper, salieblare, paprika, brandrissiesous en suurlemoensap.
    3. Bedek albei kante van elke varktjop met dié marinade, maak die bak toe en laat dit vir ’n paar uur in die yskas staan, verkieslik oornag.
    4. Sit die tjops op die rooster en braai oor warm kole vir omtrent 12 minute totdat die tjops halfgaar is. Draai die rooster gereeld om. So tussendeur maal jy ook die sout en swartpeper oor albei kante van die tjops.
    5. Varklendetjops behoort halfgaar voorgesit te word. Wanneer jy op jou bord daaraan sny, moet net deurskynende sap uitloop, niks pienk of rooi nie. As die interne temperatuur van die dikste dele 70 °C bereik, is die vleis halfgaar. Gebruik jou vleistermometer om seker te wees.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief