×
Skakel na Engels

Tunaslaai met patat en basiliekruid

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 3 patats, in dik skywe gesny
  • ¼ k water
  • kanola-olie
  • sout en peper
  • twee 425 g-blikkies swartoogertjies of swartbekboontjies, afgespoel en gedreineer
  • 280 g geblikte tuna in olie, gedreineer
  • 1 k wortels, in dun repies gesny
  • ¼ k appelasyn
  • ¼ k fyngekapte basiliekruid

Resep Aanwysings

    1. Mikrogolf die patats en water in ’n bedekte bak op hoog vir 8 minute en dreineer.
    2. Verf die patats met kanola-olie en geur met sout en peper. Rooster op mediumhoog vir 10 tot 15 minute; draai een keer om. Sny in blokkies.
    3. Meng die swartoogertjies of swartbekboontjies, tuna, wortels, appelasyn, basiliekruid, 2 e kanola-olie en sout in ’n groot bak saam. Vou die patats daarby in.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 870 kJ, 27 g proteïen, 49 g koolhidrate, 17 g vet (2 g versadig), 10 g vesel, 750 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief