×
Skakel na Engels

Toebroodjies met rafeltjievark

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Toebroodjies met rafeltjievark.

Resep Bestanddele

  • water
  • 2 e brandrissiepoeier 
  • ½ t sout
  • 1 varkfilet (450 g), in 5 cm-skywe gesny
  • ½ k braaigeursous
  • 2 e pikante mosterd
  • 3 k gemengde koolslaai
  • 2 e appelasyn
  • 4 gehalveerde, geroosterde briocherolletjies

Resep Aanwysings

    1. Plaas ’n stoommandjie in ’n pot met 5 cm water; bedek en bring tot kookpunt.
    2. Vryf die brandrissiepoeier en sout oor die varkfilet en plaas dit in die stoommandjie. 
    3. Verminder die hitte sodat die water prut. Kook die vleis met die deksel op vir 20 minute of tot sag. Laat effens afkoel.
    4. Vlok die vark met jou hande en meng dit met die braaigeursous en pikante mosterd.
    5. Meng die koolslaai met die appelasyn en ’n knippie sout. Sit die varkvleis saam met die koolslaai op die briocherolletjies voor. 
    ELKE PORSIE: Sowat 1 950 kJ, 31 g proteïen, 58 g koolhidrate, 11 g vet (5 g versadig), 5 g vesel, 1 285 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief