×
Skakel na Engels

Tex-Mex-hoendersop in ’n prutpot

  • 20 min
  • 260 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 kg hoenderdye, vel verwyder
  • 4 k hoenderaftreksel met laer natriuminhoud
  • 3 groot selderystingels, in skyfies gesny
  • 3 middelslag-wortels, in skyfies gesny
  • 2 matige brandrissies, saadjies verwyder en gekap
  • 1 middelslag-ui, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 1 e fyn komyn
  • 1 e fyn koljander
  • 2 blikke (400 g elk) wit (cannellini-) bone, gedreineer
  • sout
  • 230 g goudakaas, gerasper
  • 2 e lemmetjiesap
  • gekapte avokado
  • koljanderblare
  • suurroom
  • gebakte tortillarepe vir garnering, opsioneel

Resep Aanwysings

    1. Plaas die hoender, aftreksel, seldery, wortels, rissies, ui, knoffel, komyn, koljander, bone en ½ t sout in ’n 6 liter- tot 8 liter-prutpot se bak. Bedek en laat kook op laag vir 4 tot 5 uur of totdat die wortels sag is.
    2. Verwyder en gooi die bene van die hoender weg; skeur die hoender in stukkies en skep dit terug in die prutpot.
    3. Voeg die kaas, lemmetjiesap en ¼ t sout by die sop en roer totdat die kaas smelt. Garneer met avokado, koljander, suurroom en gebakte tortillarepe, as jy wil. Sit voor.

    GEBAKTE TORTILLAREPE

    Voorverhit die oond tot 220 °C. Plaas 4 klein mieliemeeltortillas bo-op mekaar; sny dit in 3 mm-repe. Pak dit in ’n enkellaag op ’n groot bakplaat. Spuit met kleefwerende kossproei. Bak vir 4 tot 5 minute of totdat dit ’n diep goudbruin kleur het. Laat dit heeltemal afkoel.

    ELKE PORSIE (slegs sop): Sowat 1 860 kJ, 40 g proteïen, 34 g koolhidrate, 16 g vet 7 g versadig), 14 g vesel, 1 070 mg natrium.

    WERK VOORUIT: Volg die resep tot by stap 2. Hou dit op die prutpot se warmhouverstelling vir tot 3 uur of skep dit in ’n houer, bedek en verkoel vir tot 2 dae. Verhit dit op die stoof oor mediumhoë hitte vir sowat 15 minute of totdat dit prut. Gaan voort met stap 3.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief