×
Skakel na Engels

Taco’s met rafeltjievark

  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Taco’s met rafeltjievark

Resep Bestanddele

  • 1 e kanola-olie
  • 1,8 kg beenlose varkblad, oortollige vet verwyder, in 3 stukke gesny
  • 2 e fyn komyn
  • 1 groot ui, gekap
  • 3 jalapeñorissies, saadjies verwyder en gekap
  • 2 serranorissies, in skyfies gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1/2 k hoenderaftreksel of water
  • 1/4 k lemmetjiesap
  • 24 klein tortillas, opgewarm
  • gesnyde sprietuie en radyse, koljander, salsa en lemmetjiewiggies, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie oor mediumhoë hitte in ’n 30 cm-pan tot warm. Geur die vark met komyn en 1 t sout. Braai vir 5 minute of tot bruin aan twee kante; draai halfpad om. Skep die vark in die bak van ’n prutpot.
    2. Braai die ui, rissies en knoffel in die pan vir 2 minute; roer gereeld. Skep dit in die prutpot saam met die aftreksel en lemmetjiesap. Bedek en laat prut op laag vir 7 uur of tot baie sag.
    3. Plaas die vleis op ’n snyplank; trek dit met twee vurke in fyn repies. Gooi enige vet weg. Sit voor met tortillas, sprietuie, radyse, koljander, salsa en lemmetjiewiggies.
    ELKE PORSIE Sowat 1 800 kJ, 36 g proteïen, 38 g koolhidrate, 14 g vet (4 g versadig), 4 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief