×
Skakel na Engels

Spruite met rissiebotter

  • 10 min
  • 5 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Spruite met rissiebotter

Resep Bestanddele

  • 50 g botter, baie sag
  • 2 t droë rissievlokkies sout en varsgemaalde peper
  • 500 g Brusselse spruitjies
 

Resep Aanwysings

    1. Meng die botter, rissievlokkies en geurmiddels in ’n klein bakkie saam.
    2. Sit die Brusselse spruitjies in ’n groot mikrogolfbestande bak, voeg 2 e water by en bedek met kleefplastiek. Mikrogolf op hoog vir 4 tot 5 minute tot sag en deurgaar.
    3. Haal uit die mikrogolf en roer die rissiebotter by totdat die botter gesmelt en die spruitjies goed daarmee bedek is. Skep in ’n verhitte opdienbak en sit voor.

    ELKE PORSIE Sowat 430 kJ, 7 g vet (3 g versadig), 4 g koolhidrate (3 g totale suiker), 4 g proteïen, 5 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief