×
Skakel na Engels

Spaanse platbrood met ham en kaas

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Spaanse platbrood met ham en kaas

Resep Bestanddele

  • rol blaar- of skilferkorsdeeg
  • 230 g laervet-roomkaas
  • 1/4 t gerookte paprika
  • 60 g serrano-ham
  • 1/2 k gerasperde manchegokaas
  • 4 k mikroslaaiblare
  • 1 e rooiwyn- of sjerrie-asyn

Resep Aanwysings

    1. Sny ’n groot sirkel uit ’n rol blaar- of skilferkorsdeeg en plaas dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. 
    2. Meng 230 g laervet-roomkaas, saggemaak, met 1/4 t gerookte paprika. Smeer dit op die deeg en laat ’n 5 cm-rand oop.
    3. Bedek met 60 g serrano-ham wat in dun skywe gesny is. Vou die deegrand na binne; bedek met 1/2 k gerasperde manchegokaas. 
    4. Bak vir 15 tot 25 minute by 220 °C of totdat die onderkant goudbruin is. (Bedek losweg met foelie as dit te vinnig bruinword).
    5. Meng 4 k mikroslaaiblare met 1 e rooiwyn- of sjerrie-asyn. Sit die slaai op die platbrood voor. Genoeg vir 4. 
    ELKE PORSIE Sowat 1 900 kJ, 14 g proteïen, 29 g koolhidrate, 33 g vet (17 g versadig), 2 g vesel, 870 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief