×
Skakel na Engels

Souserige garnaalkerrie

  • 15 min
  • 25 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
garnaalkerrie

Resep Bestanddele

  • 2 e kanola-olie
  • 2 salotte, in dun skyfies gesny
  • ½ t kerriepoeier
  • ½ t fyn komyn
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • ⅔ k tamatiesous
  • ½ t cayennepeper
  • 450 g garnale, uitgedop en skoongemaak
  • gaar basmatirys of geroosterde naanbrood, vir opdiening
  • vars koljander, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n 30 cm-pan oor matige hitte. Voeg die salotte, kerrie, komyn en ½ t swartpeper by. Roerbraai vir 3 minute. Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut terwyl jy roer. Voeg die tamatiesous, cayennepeper en ¼ t sout by. Laat vir 2 minute kook of tot verdik; roer gereeld.
    2. Voeg garnale by. Kook vir 3 minute tot ondeursigtig; roer af en toe. Sit voor met rys of naan; garneer met koljander.

    ELKE PORSIE: (slegs kerrie) Sowat 960 kJ, 17 g proteïen, 17 g koolhidrate, 8 g vet (1 g versadig), 1 g vesel, 1 155 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief