×
Skakel na Engels

Somerpoedingkoek

  • 25 min
  • 5 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1,2 kg gemengde bessies – ons het aarbeie, frambose en braam-, rooiaal- en swartbessies gebruik – plus ekstra vir versiering
  • 150 g strooisuiker
  • 100 ml water
  • 175 ml swartbessiestroop (cassis)
  • botter, om te smeer
  • 600 g brioche, in skywe gesny

VIR DIE VLIERBLOMROOM

  • 125 ml dubbeldik room
  • 50 g versiersuiker
  • 25 ml vlierblomstroop (elderflower cordial)
  • 150 g crème fraîche

Resep Aanwysings

    1. Kelk die aarbeie en kap dit op. Plaas al die vrugte (behalwe die aarbeie) saam met die strooisuiker en water in ’n kastrol. Verhit oor matige hitte en roer af en toe totdat die vrugte begin sappe afgee. Voeg die aarbeie by; laat prut vir nog 3 minute.
    2. Plaas die mengsel in ’n sif oor ’n groot bak en laat dit vir 10 minute drup. Proe aan die sap in die bak; voeg nog strooisuiker by as dit suurderig is. Voeg die swartbessiestroop by die sap in die bak.
    3. Smeer die rande van ’n ronde 20 cm-koekpan liggies met botter en voer die rande met bakpapier uit. As jy ’n losboompan gebruik, plaas dit in ’n oondpan ingeval enige vloeistof uitlek.
    4. Sny die brioche se korsies af. Laat week die snye eeneen in die bessievloeistof en pak dit dan in ’n enkellaag op die bodem van die pan. (Skeur die snye om te pas.)
    5. Skep die helfte van die vrugte in ’n egalige laag bo-op. Herhaal die lae geweekte brioche en vrugte nog een keer; eindig met ’n laag brioche. Bedek en verkoel enige oorblywende weekvloeistof. Bedek die koekpan met foelie en verkoel oornag.
    6. Klop die room, versiersuiker en vlierblomstroop in ’n middelslagbak totdat die mengsel net-net sy vorm behou. Vou die crème fraîche in. Bedek die bak en verkoel.
    7. Om voor te sit plaas die roosterpan met enige sappe eenkant. Keer die poeding, nog in sy pan, op ’n opdienbord of koekstaander uit. Maak die pan se rand los en verwyder; haal die bodem versigtig af. Trek die bakpapier af. Skep die room bo-op en versier met ekstra bessies. Bedruip met die orige weekvloeistof of enige sappe wat uitgelek het as jy wil.

    ELKE PORSIE: (as jy 10 voorsit) Sowat 2 080 kJ, 7 g proteïen, 20 g vet (12 g versadig), 65 g koolhidrate (40 g totale suiker), 5 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief