×
Skakel na Engels

Soetsuur hoenderdye met gebraaide rys

  • 20 min
  • 30 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Soetsuur hoenderdye met gebraaide rys

Resep Bestanddele

  • 2 e sonneblomolie
  • 350 g hoenderdyfilette, in happiegrootte stukke gesny
  • 1 ui, in skyfies gesny
  • 1 e tamatiesous
  • 1 e ligte bruinsuiker
  • 1 e sojasous
  • 4 e witwynasyn
  • 230 g geblikte pynappelstukke in natuurlike sap, sap behou en pynappel grofgekap
  • 1 t mielieblom
  • 150 g vooraf verpakte roerbraaigroente
  • 2 middelslageiers, geklits
  • 500 g gaar rys

Resep Aanwysings

    Jy kan dié klassieke wegneemete maklik by die huis maak. Vervang die hoenderdyfilette deur borsies as jy wil.

    1. Verhit ½ e olie in ’n middelslagpot en braai die hoender vir 5 tot 8 minute bruin. Skep die hoender in ’n bak en plaas eenkant.

    2. Voeg nog ½ e olie by die pot en braai die ui liggies vir 5 minute. Voeg die tamatiesous, suiker, sojasous, asyn, pynappelsap en mielieblom by. Bring tot kookpunt terwyl jy gereeld roer en laat prut vir 3 tot 5 minute tot dik en stroperig. Voeg die hoender by; laat prut vir nog 5 minute totdat die hoender gaar is en die sous die agterkant van ’n lepel kan bedek. Roer die pynappelstukke by en proe vir geur.

    3. Verhit intussen die orige 1 e olie in ’n groot pan en roerbraai die groente vir 3 minute. Skuif dit eenkant toe en giet die eiers op die oop gedeelte. Braai vir 1 minuut tot geset. Breek dan die eier met ’n houtlepel op en meng dit met die groente. Voeg die rys by en braai dit vir 4 tot 5 minute. Breek die rys gedurig met ’n lepel of vurk op. Proe vir geur.

    4. Sit die hoender met die gebraaide rys voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 140 kJ, 25 g proteïen, 19 g vet (4 g versadig), 60 g koolhidrate (15 g totale suiker), 3 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief