×
Skakel na Engels

Soet-en-sout doopsous

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Soet-en-sout doopsous

Resep Bestanddele

Tuisgemaakte malvalekkers:

  • 1/2 k koue water
  • 70 g gelatienpoeier
  • 1 1/2 k witsuiker
  • 1 k esdoringgegeurde stroop
  • 1/2 k water
  • 1/4 t sout
  • 1 e vanieljeekstrak
  • 1/2 k versiersuiker
  • 1/4 k mielieblom
  • Trek die bakpapier van die malvalekkers af. Sny die lekkers met ’n sjefsmes of ’n kombuisskêr in 2,5 cmblokkies. Bêre in ’n lugdigte houer vir tot 1 maand. Die resep maak sowat 7 dosyn malvalekkers.

Sitrus en amandel:

  • Meng 2 t amandelekstrak en 1 t suurlemoenekstrak saam met die vanielje-ekstrak in.
  • Skep die helfte van die mengsel in ’n middelslagbak; roer geel koskleursel by.
  • Skep die wit en geel mengsels om die beurt in die voorbereide pan; gebruik ’n mes om ’n marmerpatroon te maak.

Soet-en-sout doopsous:

  • Mikrogolf 110 g gesnyde sitrus-en-amandelmalvalekkers in ’n middelslagbak op hoog in 30-sekonde-intervalle tot gesmelt; roer 1/3 k amandelbotter by.
  • Skep die sous in ’n opdienbakkie. Sit warm voor saam met tjips, pretsels en skyfies appel. Genoeg vir 4. 

Resep Aanwysings

    Tuisgemaakte malvalekkers:

    Hierdie donssagte lekkernye sal in jou mond smelt en jou na nog ’n happie laat smag:

      1. Vul ’n staanmenger se bak met 1/2 k koue water; sprinkel 70 g gelatienpoeier oor.
      2. Meng 1 1/2 k witsuiker, 1 k esdoringgegeurde stroop, 1/2 k water en 1/4 t sout in ’n 2 l-pot. Kook op medium-hoë hitte totdat dit 115 °C op ’n lekkergoedtermometer bereik (6 tot 13 minute). Verwyder van die hitte.
      3. Skakel die menger op ’n lae spoed aan; giet die suikerstroop geleidelik by die gelatien. Meng dit dan op ’n hoë spoed vir 15 minute of totdat dit baie dik is. Meng 1 e vanieljeekstrak by.
      4. Klits 1/2 k versiersuiker en 1/4 k mielieblom in ’n middelslagbak saam. Voer ’n 33 cm x 22 cm-bakpan met bakpapier uit; bestuif mildelik met van die mielieblommengsel. Skep die malvalekkermengsel in die voorbereide pan; versprei dit met ’n geoliede spatel. Bestuif die bokant met die orige mielieblommengsel; druk dit liggies met jou hande om dit tot in die hoeke te versprei. Laat staan vir 6 uur of tot ferm.
      5. Trek die bakpapier van die malvalekkers af. Sny die lekkers met ’n sjefsmes of ’n kombuisskêr in 2,5 cmblokkies. Bêre in ’n lugdigte houer vir tot 1 maand. Die resep maak sowat 7 dosyn malvalekkers.

    Sitrus en amandel:

    1. Meng 2 t amandelekstrak en 1 t suurlemoenekstrak saam met die vanielje-ekstrak in.
    2. Skep die helfte van die mengsel in ’n middelslagbak; roer geel koskleursel by.
    3. Skep die wit en geel mengsels om die beurt in die voorbereide pan; gebruik ’n mes om ’n marmerpatroon te maak.

    Soet-en-sout doopsous:

    1. Mikrogolf 110 g gesnyde sitrus-en-amandelmalvalekkers in ’n middelslagbak op hoog in 30-sekonde-intervalle tot gesmelt; roer 1/3 k amandelbotter by.
    2. Skep die sous in ’n opdienbakkie. Sit warm voor saam met tjips, pretsels en skyfies appel. Genoeg vir 4. 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief